DIE MAN, DIE AKTEUR

Dit is te danke aan karakters soos ‘Ouboet”, “Yster Swart”, “Kaptein Blitz” en “Ds. Tienie Benade” dat Frank Opperman een van die bekendste en gewildste akteurs in ons land is. Mense het Frank oor die jare deur sy kleurryke karakters leer ken en so het hy ‘n huishoudelike naam geword. Kyk, die mense onthóú vir Ouboet en Poeksie, en in jou geestesoog verskyn Ouboet met sy bekende breker-waggelstappie, skouers vooroor gegooi. Poeksie Woeksie se Woepsie Wapsie Worsie is meer as 25 jaar gelede die eerste keer op TV gehoor. Dié kenmerkende frase het volksbesit geword het en Ouboet daarmee saam. “Sê wát?” hoor Frank dikwels mense sê. Hulle wil Ouboet en Poeksie se bekende rympie uit die destydse sitkom hoor. En dan gee hy dit maar vir hulle.

Sedert die dae van Orkney Snork Nie was daar ‘n magdom ander TV rolle en verhoogproduksies vir Frank Opperman. Enkeles sluit in “Die Vierde Kabinet”, Gautengeleng” en meer onlangs “Pandjieswinkel” en “Munisipalieit van Gwara Gwara”. Die verhoog is Frank se speelplek. Geen wonder dat produksies soos “Die Uwe Pottie Potgieter” (168 optredes), “Wyk 14” (98 optredes) en “Rooikaart” (160 optredes) so suksesvol was nie. Die kinderproduksie “Kaptein Blitz” was net so suksesvol en was opgedra aan sy dogter.

Afgesien van teater het Frank nog een groot liefde. Musiek! “Ek is ’n closet rock star. As ek eendag grootword, gaan ek ’n kitaarspeler word’ sê Frank. Twee CDs het die lig gesien en om musiek te maak bly steeds een van Frank se “guilty pleasures”. By die huis is hy ’n pa, ’n lewensmaat, en iemand wat die lewe geniet en voluit leef.

THE LOSER SHOW

A corporate show with a difference - this is hilariously funny entertainment! A super show on how to be everything but super!

Liven up your party, whether its a corporate function, social, symposium, bosberaad or any other gathering that could do with some motivation… or demotivation!

A fabulous 30 minutes that will change your life for ever! Who’s fooling who? Anybody can be a success, but it takes a dedicated person to become a total failure! Book this show now to cheer up your staff and actually “motivate” them!


GALLERY


Frank Opperman is terug op die verhoog met ‘n spinternuwe eenmanvertoning. “Die Klaagliedere van Ds. Tienie Benade” handel oor ń middeljarige predikant van die Moedergemeente, aan die onderkant van Voortrekkerstraat, en hy bevind hom permanent in ‘n penarie. Dit is ‘n storie van verdriet maar ook ‘n storie van hoop wat nie beskaam nie, ‘n bittersoet verhaal wat met deernis vertel word van ‘n Afrikaanse dominee in ‘n tyd waarin mense nie meer so getrou kerk toe gaan nie. Dit is lekker lag met ‘n traan.

Frank Opperman vertolk ‘n meesterlike rol as predikant in hierdie eenmanproduksie. Die teks is geskryf deur die bekroonde skrywer Dana Snyman en die regie is gedoen deur Gerrit Schoonhoven.

CONTACT & BOOKINGS

Vir besprekings en navrae, kliek op die skakel hierbo vir kontakbesonderhede.


FRANK OP FACEBOOK